Friday, November 8, 2013

ATMOSFEER


Atmosfeer – Geskep deur lig, spasie en perspektief. Die taak was ‘n lekker uitdaging.

Ek het ‘n rustige en vreedsame atmosfeer probeer skep met ‘n kitaar op ‘n gevoude lap in ‘n leë vertrek. Sagte, natuurlike lig skyn by die venster deur die blindings in.


Aanvanklik het ek gedink om te werk met die foto’s van ou voorwerpe geneem met kunsmatige lig wat ‘n onheilspellende atmosfeer skep.

Ek het egter toevallig die foto van die kitaar geneem en was net mal oor die effek wat met die sagte lig verkry word.

Ek het besluit om die verskillende kleurskakerings wat in die prent teenwoordig is, effens te oordryf om by te dra tot die atmosfeer.

Ek het dit baie geniet om die lap se voue in die voorgrond te verf, maar ek het egter gesukkel om die vorm van die kitaar perfek te kry. As die vorm net effens krom is, lyk dit heeltemal uit proporsie, maar ek is tevrede met die eindproduk. 
 







Wednesday, November 6, 2013

"Do not fear mistakes - there are none." - Salvador Dali


                          
Ekspressiewe kwashale, helder en dramatiese kleurgebruik,perspektief, atmosfeer, emosie - alles in een :)

Mise-en-scène
 Mise-en-scène is 'n Franse term en het sy oorsprong in die teater. Dit beteken letterlik "put in the scene". Vir film het dit 'n breër betekenis en verwys na byna alles wat in die komposisie van die skoot gaan, insluitend die komposisie self: “framing”, beweging van die kamera en die karakters, beligting, stelontwerp en algemene visuele omgewing, selfs klank.  

         Drie inspirerende kunstenaars











Die leë arkade met verlengde skadu's en enkele figure waarvan die identiteite nie belangrik is nie, skep 'n atmosfeer van verlatendheid en leegheid. Die laatmiddag-/ vroeë- oggendsonlig, leë spasie en onheilspellende stiltes skep ook 'n raaiselagtige gevoel.  

Gina Heyer - Basins II
Hierdie werk is 'n realistiese uitbeelding van 'n leë en verlate spasie (badkamer). Die dramatiese, maar steeds sagte skadu's dra by tot die ongemaklike stilte wat in die leë ruimte hang.


Yves Tangay - Le Boc Lounge

Weereens word lang skaduwees tesame met 'n leë agtergrond sonder 'n horisonlyn gebruik om 'n verlate, ongemaklike en onheilspellende atmosfeer te skep. Die biomorfiese objekte in die voorgrond dra by tot die eienaardige gevoel wat verkry word.
















Wednesday, September 18, 2013

'N MASSIEWE PENSKETS VAN MY BROER...


Oorspronklike foto waarvan af ek gewerk het

Hoekom hy??

Van kleins af het my broer 'n geweldige impak op my. Soos 'n ouer broer maar gewoonlik is, is Pieter nog altyd beskermend teenoor my, maar ons stamp gedurig koppe! Pieter dink logies oor alles, terwyl ek gewoonlik impulsief sal optree. Sy verantwoordelikheid, logika en denkwyse beïnvloed my egter baie. Deur die jare het my persoonlikheid by syne aangepas en het hy dus my persoonlikheud help vorm.


Pieter is twee jaar ouer as ek en beleef dus fases van die lewe 'n rapsie voor my. Wanneer hy 'n fase van sy lewe afsluit (soos laerskool, Hoërskool ens.) en met 'n nuwe een begin, berei hy my voor. Sy voorbeeld en ervaring gee my kans om te sien hoe dit gaan wees.

Hy het veral hierdie jaar 'n groot impak op my lewe aangesien hy universiteit en koshuis toe is. Wat 'n realiteitsskok! Dit laat my besef dat ons lewens aanbeweeg en dat niks ooit dieselfde bly nie. Ek moet vrede maak met die feit dat my enigste broer nie meer daagliks in die huis gaan 'rondlê' nie en dat ek in die week 'n alleenkind is. Wat 'n aanpassing! Al sukkel ek soms om by hierdie nuwe fase aan te pas, leer ek iets van myself hieruit - ek is nogal bang vir verandering. Dit laat my ook dink aan die toekoms en wat dit vir my en my gesin inhou - Oor twee jaar gaan ek (hopelik) ook universiteit toe en dan is alles weer van vooraf vreemd.

Pieter het 'n baie skerp sin vir humor en ek deel 'n waardering daarvoor. Ons huis is gedurig gevul met grappe wat lei tot 'n vrolike atmosfeer.



Sy kwaliteite:

Pieter se natuurlike omgewing is voor sy rekenaar waar hy programme skryf ens. Hy is sterk linkerbrein georiënteerd en redeneer dus baie logies, wiskundig, wetenskaplik ens. Hy het egter ook 'n kreatiewe en sagte kant aan hom.

Hoe het ek hom uitgebeeld en why?

Medium: Pen gekombineer met waterverf
Ek het sy gesig met pen geteken om 'n koppeling te maak met sy wiskundige en wetenskaplike (presiese) persoonlikheid. In die agtergrond het ek van sy ou wetenskap, wiskunde en IT somme aan sy linkerkant "gestensel" om sy sterk linkerbrein te verteenwoordig. Ek het spatsels en lopende druppels van kleurvolle waterverf, asook fineliner patrone aan sy regterkant aangewend om die sagter, kreatiewe aspek van sy geaardheid uit te beeld (regterbrein).
Kleur: Die swart en wit van die pen simboliseer sy siening dat iets reg of verkeerd is (en hy is mos altyd reg...) Die waterverf spatsels is skakerings van blou, groen en grys - kleure wat ek met hom assosieer.
Komposisie: 'n Nabyskoot van sy profiel - sy gesigsuitdrukking wys sy vriendelikheid en grappigheid.


 Die eindproduk

Beplanning: 











Friday, May 17, 2013

Die Joernaal










Onderstebo, bollemakiesie en hande-viervoet

Acryl op 'n A2 canvas 
Hierdie is my tweede kwartaal skildery! 

Hoe die idee vir hierdie skepping ontstaan het, was eintlik heel toevallig...
Ek was besig om vir my ma te vertel waaroor die kunstaak gaan, toe ek besef het dat ek in 'n vreemde posisie met my bene in die lug lê. Dit het vir my 'n idee gegee...

Van kleins af het ek hande-viervoet gehardloop, bollemakiesies oor die banke geslaan en was ek die meeste van die tyd onderstebo. Dit is toe dat ek gimnastiek begin het. vir 10 jaar LANK WAS GIMNASTIEK 'n groot deel van my lewe, aangesien ek reg deur die jaar 3 ure, 6 dae 'n week geoefen het! (selfs TYDENS vakansies...)
Gimnastiek is vandag steeds deel van my daaglikse roetine al doen ek dit nie meer as 'n sport nie. Handstande, draaie en bene-in-die-lug kom nog vanself. My ouers moet net heeldag koes, anders kry hulle dalk 'n voet deur die gesig!...

Ek het hierdie aspek van my lewe as inspirasie vir my kunswerk gebruik, aangesien dit 'n goeie beskrywing van myself is. Ek is lewendig, vol energie en hou daarvan om uit 'n ander perspektief na die wêreld te kyk - selfs onderstebo... Ek hou ook daarvan om ruimtes met fisiese beweging te verken, want dis vir my 'n manier om energie te ontlaai en te ontspan. Ek het myself hier in 'n handstandposisie in my huis uitgebeeld.

Musiek speel ook 'n groot rol in my lewe.  dikwels Tot my ouers se frustrasie. loop ek gedurig deur die huis met my oorfone in my ore. Ek sluit so die res van die wêreld uit en leef in my eie een. In die kunsprent het ek myself ook met oorfone aan, uitgebeeld. 

Die agtergrond is 'n monochromatiese bloukleur om te beklemtoon dat ek, onbewus van die werklike ruimte om my, in my selfgeskepte wêreld leef terwyl ek na musiek luister. Ek het myself (die figuur) met warm kleure uitgebeeld om met die koel agtergrond te kontrasteer. Die oranje hemp is ook komplementêr met die blou.
Die oorspronklike foto
Fotograaf: my ma
Die intieme werksproses
Fotograaf: My ma

Komposisie sketse:

























  

Monday, May 13, 2013

Akiane Kramarik - My inspirasie




    http://www.akiane.com/store/
Sy het vanaf 4-jarige ouderdom begin teken en het vanaf 6-jarige ouderdom geverf.  Sy het haarself onderrig en leer meestal uit haar eie gretige waarnemings en studies. Op die ouderdom van 7 het sy begin poësie skryf.


Haar inspirasie vir haar kuns en literatuur kom van haar visioene, drome, waarnemings van mense, die natuur en God. 
Sy verf van verbeelding, naslaanmateriaal en modelle.


Voorbeelde van haar skilderye:

17 jaar:


16 jaar:






15 jaar:


14 jaar:

13 jaar:

12 jaar:

11 jaar:

10 jaar:

9 jaar:

8 jaar:

7 jaar: