Drie inspirerende kunstenaars
Die leë arkade met verlengde skadu's en
enkele figure waarvan die identiteite nie belangrik is nie, skep 'n atmosfeer
van verlatendheid en leegheid. Die laatmiddag-/ vroeë- oggendsonlig, leë spasie
en onheilspellende stiltes skep ook 'n raaiselagtige gevoel.
Gina
Heyer - Basins II
Hierdie
werk is 'n realistiese uitbeelding van 'n leë en verlate spasie (badkamer). Die
dramatiese, maar steeds sagte skadu's dra by tot die ongemaklike stilte wat in die leë ruimte hang.
Yves Tangay - Le Boc Lounge
Weereens word lang skaduwees tesame met
'n leë agtergrond sonder 'n horisonlyn gebruik om 'n verlate, ongemaklike en
onheilspellende atmosfeer te skep. Die biomorfiese objekte in die voorgrond dra
by tot die eienaardige gevoel wat verkry word.
No comments:
Post a Comment