Acryl op 'n A2 canvas
Hierdie is my
tweede kwartaal skildery!
Hoe die idee
vir hierdie skepping ontstaan het, was eintlik heel toevallig...
Ek was besig om vir my ma te vertel waaroor die kunstaak gaan,
toe ek besef het dat ek in 'n vreemde posisie met my bene in die lug lê. Dit het vir my
'n idee gegee...
Van kleins af het
ek hande-viervoet gehardloop, bollemakiesies oor die banke geslaan en was ek die meeste van die
tyd onderstebo. Dit is toe dat
ek gimnastiek begin het. vir 10 jaar LANK WAS GIMNASTIEK 'n groot deel van my lewe,
aangesien ek reg deur die jaar 3 ure, 6 dae 'n week geoefen het! (selfs TYDENS vakansies...)
Gimnastiek is
vandag steeds deel van my daaglikse roetine al doen ek dit nie meer as 'n sport
nie. Handstande, draaie en bene-in-die-lug kom nog vanself. My ouers moet net
heeldag koes, anders kry hulle dalk 'n voet deur die gesig!...
Ek het hierdie aspek van my lewe as inspirasie vir my kunswerk gebruik, aangesien dit 'n goeie beskrywing van myself is. Ek is
lewendig, vol energie en hou daarvan om uit 'n ander perspektief na die wêreld
te kyk - selfs onderstebo... Ek hou ook daarvan om ruimtes met fisiese beweging te
verken, want dis vir my 'n manier om energie te ontlaai en te ontspan. Ek het
myself hier in 'n handstandposisie in my huis uitgebeeld.
Musiek speel ook 'n groot rol in
my lewe. dikwels Tot my ouers se frustrasie. loop ek gedurig deur die huis met my
oorfone in my ore. Ek sluit so die res van die wêreld uit en leef in my eie
een. In die kunsprent het ek myself ook met oorfone aan, uitgebeeld.
Die agtergrond is 'n monochromatiese bloukleur om te beklemtoon dat ek, onbewus van die werklike ruimte om my, in my selfgeskepte wêreld leef terwyl ek na musiek luister. Ek het myself (die figuur) met
warm kleure uitgebeeld om met die koel agtergrond te kontrasteer. Die oranje
hemp is ook komplementêr met die blou.
Die oorspronklike foto
Fotograaf: my ma
Die intieme werksproses
Fotograaf: My ma
Komposisie sketse: