Friday, November 8, 2013

ATMOSFEER


Atmosfeer – Geskep deur lig, spasie en perspektief. Die taak was ‘n lekker uitdaging.

Ek het ‘n rustige en vreedsame atmosfeer probeer skep met ‘n kitaar op ‘n gevoude lap in ‘n leë vertrek. Sagte, natuurlike lig skyn by die venster deur die blindings in.


Aanvanklik het ek gedink om te werk met die foto’s van ou voorwerpe geneem met kunsmatige lig wat ‘n onheilspellende atmosfeer skep.

Ek het egter toevallig die foto van die kitaar geneem en was net mal oor die effek wat met die sagte lig verkry word.

Ek het besluit om die verskillende kleurskakerings wat in die prent teenwoordig is, effens te oordryf om by te dra tot die atmosfeer.

Ek het dit baie geniet om die lap se voue in die voorgrond te verf, maar ek het egter gesukkel om die vorm van die kitaar perfek te kry. As die vorm net effens krom is, lyk dit heeltemal uit proporsie, maar ek is tevrede met die eindproduk. 
 







Wednesday, November 6, 2013

"Do not fear mistakes - there are none." - Salvador Dali


                          
Ekspressiewe kwashale, helder en dramatiese kleurgebruik,perspektief, atmosfeer, emosie - alles in een :)

Mise-en-scène
 Mise-en-scène is 'n Franse term en het sy oorsprong in die teater. Dit beteken letterlik "put in the scene". Vir film het dit 'n breër betekenis en verwys na byna alles wat in die komposisie van die skoot gaan, insluitend die komposisie self: “framing”, beweging van die kamera en die karakters, beligting, stelontwerp en algemene visuele omgewing, selfs klank.  

         Drie inspirerende kunstenaars











Die leë arkade met verlengde skadu's en enkele figure waarvan die identiteite nie belangrik is nie, skep 'n atmosfeer van verlatendheid en leegheid. Die laatmiddag-/ vroeë- oggendsonlig, leë spasie en onheilspellende stiltes skep ook 'n raaiselagtige gevoel.  

Gina Heyer - Basins II
Hierdie werk is 'n realistiese uitbeelding van 'n leë en verlate spasie (badkamer). Die dramatiese, maar steeds sagte skadu's dra by tot die ongemaklike stilte wat in die leë ruimte hang.


Yves Tangay - Le Boc Lounge

Weereens word lang skaduwees tesame met 'n leë agtergrond sonder 'n horisonlyn gebruik om 'n verlate, ongemaklike en onheilspellende atmosfeer te skep. Die biomorfiese objekte in die voorgrond dra by tot die eienaardige gevoel wat verkry word.