Wednesday, September 18, 2013

'N MASSIEWE PENSKETS VAN MY BROER...


Oorspronklike foto waarvan af ek gewerk het

Hoekom hy??

Van kleins af het my broer 'n geweldige impak op my. Soos 'n ouer broer maar gewoonlik is, is Pieter nog altyd beskermend teenoor my, maar ons stamp gedurig koppe! Pieter dink logies oor alles, terwyl ek gewoonlik impulsief sal optree. Sy verantwoordelikheid, logika en denkwyse beïnvloed my egter baie. Deur die jare het my persoonlikheid by syne aangepas en het hy dus my persoonlikheud help vorm.


Pieter is twee jaar ouer as ek en beleef dus fases van die lewe 'n rapsie voor my. Wanneer hy 'n fase van sy lewe afsluit (soos laerskool, Hoërskool ens.) en met 'n nuwe een begin, berei hy my voor. Sy voorbeeld en ervaring gee my kans om te sien hoe dit gaan wees.

Hy het veral hierdie jaar 'n groot impak op my lewe aangesien hy universiteit en koshuis toe is. Wat 'n realiteitsskok! Dit laat my besef dat ons lewens aanbeweeg en dat niks ooit dieselfde bly nie. Ek moet vrede maak met die feit dat my enigste broer nie meer daagliks in die huis gaan 'rondlê' nie en dat ek in die week 'n alleenkind is. Wat 'n aanpassing! Al sukkel ek soms om by hierdie nuwe fase aan te pas, leer ek iets van myself hieruit - ek is nogal bang vir verandering. Dit laat my ook dink aan die toekoms en wat dit vir my en my gesin inhou - Oor twee jaar gaan ek (hopelik) ook universiteit toe en dan is alles weer van vooraf vreemd.

Pieter het 'n baie skerp sin vir humor en ek deel 'n waardering daarvoor. Ons huis is gedurig gevul met grappe wat lei tot 'n vrolike atmosfeer.



Sy kwaliteite:

Pieter se natuurlike omgewing is voor sy rekenaar waar hy programme skryf ens. Hy is sterk linkerbrein georiënteerd en redeneer dus baie logies, wiskundig, wetenskaplik ens. Hy het egter ook 'n kreatiewe en sagte kant aan hom.

Hoe het ek hom uitgebeeld en why?

Medium: Pen gekombineer met waterverf
Ek het sy gesig met pen geteken om 'n koppeling te maak met sy wiskundige en wetenskaplike (presiese) persoonlikheid. In die agtergrond het ek van sy ou wetenskap, wiskunde en IT somme aan sy linkerkant "gestensel" om sy sterk linkerbrein te verteenwoordig. Ek het spatsels en lopende druppels van kleurvolle waterverf, asook fineliner patrone aan sy regterkant aangewend om die sagter, kreatiewe aspek van sy geaardheid uit te beeld (regterbrein).
Kleur: Die swart en wit van die pen simboliseer sy siening dat iets reg of verkeerd is (en hy is mos altyd reg...) Die waterverf spatsels is skakerings van blou, groen en grys - kleure wat ek met hom assosieer.
Komposisie: 'n Nabyskoot van sy profiel - sy gesigsuitdrukking wys sy vriendelikheid en grappigheid.


 Die eindproduk

Beplanning: